top of page
Writer's pictureHeinrich van Wyk

Ons ontdek 'n juweel by Onverwags

Middel September 2022 het ons nou net genoeg gehad vir winter, en dis tyd om die karavaan weer ‘n slag te haak.

Ons het vroeër met Onverwags kennis gemaak deur ’n verwysing op een vir die kampgroepe op Facebook.

Vanaf Centurion ry ons verby Hartbeespoortdam, oor Silkaatsnek en draai regs net by Brits se ingang. Na n draai links, gaan ons op ‘n grondpad waar ons verby Dube en Hartbeeshoek ry, voordat ons regs draai by die hek van Onverwags. 90 Minute na ons vertrek uit Centurion staan ons voor Onverwags se hek.



Vroeër die oggend het Rina vir ons ‘n kode stuur om die hek oop te maak. Na so kilometer op die paadjie ry ons die oord binne en word vriendelik deur haar verwelkom. Sy help ons om die beste staanplek in die koelte te kies. Ons besluit op nommer 37, naby badkamers met ‘n uitsig op die veld en die sitrusboord.



Die kamp het 42 staanplekke en 5 selfsorg eenhede. Ons kampplek het koelte en son, ’n kraan, ’n elektriese punt (blou sok) en ’n draagbare braaidrom. Mens het niks meer as dit nodig vir ‘n ontspannende naweek nie. Enkelle staanplekke het nie bome nie, maar almal het gras.

Later in die middag besluit ons om die swemdam te verken, en toets hom sommer uit. In September is ‘n koue swembad ‘n koue swembad, maar ons koel heerlik af! Daar is ook ‘n koue plonspoel en dan ‘n verhitte swembad onder dak. Hierdie swembad het ook ‘n gedeelte vir Kleiner kinders.








Die oord het ‘n put-put baan, trampoliens en ‘n vlugbalbaan om aktiewe mense besig te hou.






Mens kan deur die wildkamp gaan stap, fietsry of laatmiddag op ’n rit gaan. Binne ’n uur se stap, sien mens die grootste gedeelte van die wildkamp. Ons sien kameelperde, blouwildebeeste, zebras, rooibokke, blesbokke en nyalas in die kamp. Aan die een kant is daar ook ‘n dammetjie met ‘n skuiling waar mens kan rus en rustig die voëls bekyk.
















Die nagte in September was bietjie warmer as Centurion en die maksimum temperatuur oor die naweek was 31 grade.

Daar is 2 stelle badkamers vir mans en dames. Die dames word bederf met ‘n bad, maar die netjiese storte met eie wasbak, genoeg plek vir jou klere en ‘n stortdeur wat mooi toeskuif verdien vermelding. Die badkamers word heeltyd skoongemaak, en dis van die heel beste wat ek nog by kampplekke raakgeloop het.







Rina het elke dag n draai gemaak om seker te maak dat alles by ons kampplek in orde is. Ons is ook genooi om Saterdagaand die rugby in die saal te kom kyk.



Soos een van die gaste se bussie aandui, is hierdie heeltyd speeltyd. Ons kan byvoeg dat dit 'n rustige speeltyd is!

Hierdie is een van die lekker verrasssings wat ons raakgeloop het, en is beslis ‘n besoek werd.


Kontakbesonderhede

Webwerf

www.facebook.com/onverwagscarvanparkgamefarm

Telefoon

082 899 1900

Adres

Wildsplaas, Assen, Brits


101 views0 comments

Recent Posts

See All

Comments


Post: Blog2_Post
bottom of page